Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Hy wou net één ding hê vir sy 18de verjaardag: ’n ID met sy regte naam op, maar die rekenaar het telkens bly nee sê
LOS GISTER, KIES VANDAG • Jou verlede is ’n rigtingwyser – nie jou permanente blyplek nie. So, laat die gewig agter van dít wat was, en stap die toekoms ligvoets in!
Jesus se opstanding: ’n belofte van hoop • Ons vier hierdie Paasfees weer die krag van die Opstanding en die onmeetlike genade van ons Verlosser
KAAPSE QUEENS SORG VIR VUURWERKE OP DIE KASSIE • Terwyl die bittere vete tussen hul karakters in Paradys kykers vasgenael hou, gesels ons met die kragvroue agter dié karakters
DIE SEER AGTER DIE SKOK-SELF-DOODSYFERS • ’n Ma vertel hoe sy steeds twee jaar later die stukke probeer optel nadat haar seun hom met haar dienspistool geskiet het
WATERKRISIS: DIE TIKKENDE TYDBOM • Suid-Afrika se damme is vol, tog sit inwoners van dorpe en stede oor die land heen gedurig met droë krane. Is dit werklik waterskaarste, of is ons waterprobleme die gevolg van swak bestuur?
‘HY STEEL ELKE DAG MY HART’ • Hy is gebore met ’n rare toestand wat maak dat hy nie sy hande kan gebruik nie, maar klein Drake bewys keer op keer dit gaan hom nie terughou
Mekylin MAAK MAJOR MOVES • Die dag toe talente uitgedeel is, het dié jong uitskieter voor in die koor in baie lyne gestaan – as digter, regstudent en sakevrou – en haar ywer is al oorsee erken
‘EK SKRYF DIE PYN UIT’ • Die musikant Les Javan het ’n nuwe produksie – sy eerste in agt jaar – en nuwe musiek. Hier deel hy hoe verliese en ’n beroerte hom tot stilstand gedwing, maar ook geïnspireer het
GELOOF WAT BERGE VERSIT • Van ’n 13-jarige meisie wat haar stem verloor het deur molestering, tot ’n vrou wat nou haar stem gebruik om te inspireer. Rechaux Browne is bewys dat niks onmoontlik is met genade aan jou kant nie
‘EK WENS MY MA KON DIT SIEN’ • Op skool moes hy in ’n taxi werk en was daar nie tyd vir rugby nie, maar Dylan Maart het ondanks terugslae en ’n enorme verlies uitgeblink as speler en ’n kontrak met die Bulls gesluit
HOU JOU GUT GESOND • Wanneer jou ingewande gesond is, floreer jy. Wat as die geheim vir meer energie, sterker immuniteit, beter vertering en moeitelose gewigsverlies daarin lê om jou ingewande te genees? In die nuwe boek Gut Health: The South African Guide deel die sjef Vickie de Beer en dr. Stephen Schmidt, ’n gastroënteroloog, resepte om jou gesondheid te transformeer van binne af uit.
STAP HERFS IN MET STYL • Herfs is hier! Ons wys hoe jy jou lekker kan toewikkel in ligte cover-ups vir die kouer weer - én steeds stylvol lyk
UIT VOLLE BORSEL • Moenie jou hare stukkend trek nie - kies eerder die regte borsel of kam vir jou haartipe. Hier’s raad van ’n kenner
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
MONDSERE: WAT DIT AANDUI EN HOE OM DIT TE HANTEER • ’n Seerplekkie in die mond word dikwels geïgnoreer, maar wees op die uitkyk vir tekens wat ’n dokters-besoek verg
GELDSEKURITEIT VIR TUISBLYERS • Is jy ’n tuisbly-ouer? Volg dan dié ses stappe om jou geldelik minder afhanklik van jou maat, en meer geldselfstandig te maak – ingeval iets sou skeefloop
MAAK JOU HUIS WINTERGEREED • Sodra Paasnaweek verby is, is dit asof Moeder Natuur...