Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Available

Landbouweekblad

Jan 11 2024
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

Sulke behandeling stink!

Die ander sê • COP28-besluite help Afrika min

Stories wat in die landbou saak maak

Europa se hernieude wollus kan SA pryse laat kop optel

‘Om te boer, is nie net ’n werk nie’ • Die feit dat die landbou ’n integrale deel van mense se lewens vorm, maak hom opgewonde om daarby betrokke te wees.

Tuna en die kuns van mielies grootmaak

Briewe

Onstuimige 2024 wag

Ondeurdagte wysigings aan wet sal beveg word • Van die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) word deur kenners as onuitvoerbaar en ongrondwetlik bestempel, en kan selfs op onteiening neerkom.

Europese boere bult spiere teen regerings, en SA bly nie agter • Wêreldwyd is boere besig om ’n politieke stem te kry waarmee politici rekening moet hou. In Suid-Afrika is daar ook tekens hiervan, hoewel nog nie op dieselfde vlak as in Nederland nie waar ’n landelike protesbeweging waarskynlik ’n koalisievennoot in die regerende party gaan word, of in Frankryk waar boere hul misnoeë baie meer kleurryk belug.

Nuwe riglyne sal planttelers mooi laat dink oor moederkultivars • Die wetlike beskerming van EDV’s (wesenlik afgeleide kultivars, oftewel essentially derived varieties) is waarskynlik die onderwerp waaroor die warmste debatte by UPOV, die internasionale unie vir die beskerming van nuwe plantkultivars, plaasvind. En met goeie rede, want dit kan verreikende gevolge inhou vir talle nuwe kultivars en waar die regte daarvoor lê.

Oorsese politici ignoreer hoop wat jag vir Afrika bied • Terwyl trofeejag in Afrika wêreldwyd onder skoot kom deur politici wat hulle deur swak ingeligte en beïnvloedbare kiesers laat lei, wys navorsing in Suid-Afrika dat jagters nie net tot bewaring bydra nie, maar ook R15 miljard tot die ekonomie (baie daarvan op die platteland) voeg.

Span Leaf die koskar voor die perd in? • Die Suid-Afrikaanse graanbedryf kan die byna R50 miljoen wat inspeksiedienste die waardeketting gaan kos, doeltreffender benut vir broodnodige navorsing om die bedryf internasionaal mededingend te hou.

2024: ’n Sagte of ’n noodlanding? • Om aan die begin van die jaar neigings te ontleed, gee ’n mens ’n beter beeld van hoe die sake-omgewing kan uitsien. Niemand kan natuurlik die sogenoemde swart swaanskokke voorsien nie.

Gesoek: Nuwe markte midde-in strategiese skuiwe • Die RCL-voedselgroep se wins verkeer onder kwaai druk. Al kon hy sy bedryfswins vanaf ’n verlies omswaai, is hy nog nie buite gevaar nie.

Boer liefs konserwatief in 2024 • Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte vir 2024 is nie watwonders nie. Té veel plaaslike kwessies kan ekonomiese groei demp, en in ’n verkiesingsjaar sal daar na verwagting meer tyd aan veldtogte en beloftes bestee word as aan dienslewering.

Een verkiesing sal SA nie eensklaps verander • Die gesigte van glimlaggende politieke leiers — oues en nuwes — gaan Suid-Afrika se sowat 26 miljoen geregistreerde kiesers in die komende maande vanaf lamppale aanmoedig om vanjaar hul kruisies langs húl party te trek.

Tot 5 GW se sonpanele dalk in 2024 geïnstalleer • Vir die meeste Suid-Afrikaners bly sonkrag die oplossing waarna hulle gryp in ’n duister toekoms. Ondanks struikelblokke en frustrasies word lewendige groei in die hernubare-energiesektor voorspel – en Suid-Afrika kan selfs onder die voorste tien lande ter wêreld wees wat sonkraglewering betref.

Nuwe organisasies stuk-stuk op dreef • Die watersektor beleef talle veranderinge by die instellings wat dié lewensgewende...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans