Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.
Huisgenoot
MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
G’N TEKEN VAN EMOSIE • HG was daar toe Werner de Jager in die hof verskyn vir die moord op sy vrou, ds. Liezel, en kan nou onthul wie glo destyds die paniekknoppie ‘per ongeluk’ gedruk het
SAAM IN ONS SIEKTESTRYD • Gadija steun haar suster Fatima op haar kankerpad – al het sy sélf ’n terugslag beleef
MY KIND SE SEER • Sy weet hoe dit voel wanneer jou ouerhart breek omdat jou kind swaarkry; daarom het sy ’n boek geskryf om ander ouers hoop te gee
MEJUFFROU DEURDRUK • Toe sy ’n tweede keer probeer, het sy Mej. SA geword, en nou leef Natasha haar droom om ander se lewens teverander
JA! RING OFTE NIE • Op Zanzibar se strand het Erik Holm sy ‘Meisiekind’ gevra om te trou – maar nie voor ’n gelol met die ring nie …
VRY VAN DIE TRAUMA EN DIE KILO’S • Ronel Brink, Bobby en Karlien se ma, het ’n volle 40 kg afgeskud – nou’s sy ook vry van die innerlike pyn wat haar gery het
SOET sjokolade • Die resepte uit KIRSTEN TIBBALLS se boek CHOCOLATE ALL DAY* is die PERFEKTE BEDERF vir jou GELIEFDES en die perfekte GESKENK vir iemand met ’n SUIKERTAND
HALLO, ’90s • Klere uit die 1990’s inspireer tans die modewêreld. Hier is maniere hoe jy die sjiek elemente van dié modes deel van jou klerekas kan maak
’N MOOI VEL IN JOU OORGANG • Moeg, sensitief, geïrriteerd – menopouse kan jou vel op vele maniere aantas, en die oorgang kan oorweldigend wees. Hier’s wenke om dié tyd makliker te maak
VIR ALLE VELSOORTE
SKOONHEID VAN BINNE
VOEL GELUKKIG IN JOU VEL
PLUK DIE VRUGTE • Plant gerus hierdie vrugdraers wat maklik in jou tuin groei
DIE OUERS SE PAADJIES SKEI – STEL DIE KINDERS EERSTE • Die belangrikste ding wanneer ouers skei, is om saam ’n ouerskapsplan op te stel wat die kinders se welsyn prioritiseer en hulle veilig laat voel
SOORTE SAMEWERKING • Drie maniere is geïdentifiseer waarop ouers kan saamwerk nadat hulle geskei is, sê die maatskaplike werker Jonathan Zeev Hoffenberg. Dit word beïnvloed deur die soort huwelik en egskeiding wat julle gehad het.
WAAR OM HULP TE KRY
VRA VIR IRMA
TYD VIR ’N BESTEDINGSVAS!
Die onderonsie
SPRINGMIELIEFEITE
Dís nuut • Twee dokkies, ’n Turkse telenovelle en ’n nuwe vertelling van ’n ou storie wat jy nie moet misloop nie
Loki Rothman • Kitaarmeester, sanger, musiekvervaardiger en TV-en rolprentkomponis – Loki doen álles, want musiek is in sy bloed
VYF KITSFEITE
OP LOKI SE SPEELLYS
Boeke vir jou Kerskous • Skrywers sê watter Afrikaanse en Engelse boeke hulle vanjaar geboei het. Lees gerus ook hul nuutste
Die X-faktor • Dit sukkel maar met Jana se markstalletjie. Is ’n plastiekhen dalk net die ding wat dit oemf kan gee?
TV-GIDS • Alle TV-inligting was korrek teen druktyd. By Huisgenoot maak ons seker die inligting is reg, maar TV-kanale bring dikwels veranderings aan nadat ons spertyd verstryk het.
huisgenotjies • Stuur gerus oorspronklike grappies. Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Stuur dit na Huisgenotjies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com. Verstrek jou naam, adres, identiteitsnommer en bankbesonderhede (bank, taknaam, takkode en rekeningnommer).
JOU STERRE
DIE GROOTSTE AFRIKAANSE BLOKRAAI OOIT! • Bou dié somervakansie ’n bielie van...